Sunday 2 September 2012

Heerlike Lente en CAL - Crochet-a-long

Saterdag was die offisiële begin van lente hier by ons en Malelane het dit gevier met temperature verby 40 grade.  Nietemin, dis heerlik om te sien hoe alles in my tuin weer nuwe lewe kry en blom







Tot die voëltjies het begin uitbroei in die groot boom, en die bewyse lê in die blare onder



Verlede week het ek hier vertel van die CAL waaraan ek gaan deelneem.

Saterdag was dus die eerste dag van die uitdaging, waarin ons al 200 blokkies in die boek 200 Crochet Blocks deur Jan Eaton gaan hekel.

Merke, gereed.........



En die eerste van 200 blokke begin!







 




 
 As 'n heerlike bonus, was dit Sondag 'n lekker koel dag en kon ons (dalk vir oulaas) onder die kombers sit en hekel.  Heerlik!

 

 

No comments:

Post a Comment